Die Presidensie en Johannesburg se stadsbestuur bespreek die moontlike staking van Sandton Drive se naamsverandering na Leila Khaled Drive.
Khaled is ‘n prominente Palestynse aktivis en lid van die Popular Front for the Liberation of Palestine-groep.
Die verandering, wat die VSA as provokasie kan beskou, kom te midde van reeds gespanne diplomatieke verhoudings.
Amerika het reeds Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Geregshof as ‘n bedreiging vir sy belange beskou.President Cyril Ramaphosa se kantoor vra die stad om aksies te vermy wat die verhouding met die Trump-administrasie verder kan benadeel.

