Suid-Afrika het aansprake van enige samewerking met Iran oor ‘n kernwapenprogram van die hand gewys.
Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, het vanoggend tydens die presidensie media-inligtingsessie gepraat.
Magwenya sê Suid-Afrika het geen sinistere betrekkinge met Iran nie.
Hy sê Suid-Afrika het sy kernwapens vrywillig in 1994 ná apartheid afgebreek.
Mangwenya sê daar is geen ooreenkoms met Iran om kernwapens te laat herleef nie.

