Rayno Nel maak geskiedenis as eerste Suid-Afrikaanse Wêreld se Sterkste Man in 2025

by | May 19, 2025 | Nuus | 0 comments

In ’n historiese oomblik het Rayno Nel, ’n 27-jarige reus uit Malmesbury, Wes-Kaap, die 2025 Wêreld se Sterkste Man (WSM)-titel in Sacramento, Kalifornië, verower.

Nel is die eerste Afrikaner en Suid-Afikaner wat hierdie gesogte titel, wat van 1977 af jaarliks toegeken word, huis toe bring. Die WSM, gestig deur Trans World International, toets krag, uithou en deursettingsvermoë deur uitdagende items soos die Atlas-stene en dooie gewigte. Dit het uitgebrei tot ’n wêreldwye fenomeen met miljoene kykers.  Nel, ’n voormalige rugbyspeler van 1,93 m en 150 kg, het van 15-18 Mei 2025 teen 29 elite-atlete meegeding in die 48ste WSM. Die kwalifikasie-rondes, met items soos die Laai-wedloop en Sandsakgooi, het die veld tot 10 finaliste verminder.

In die finaal het Nel uitgeblink in die maksimum “Axle” en “Viking press”, maar dit was sy verbuisterende vertoning in die Atlas-stene, waar hy al vyf stene in minder as 30 sekondes gelig het.  Dit het hom ’n skrapse halfpunt-oorwinning oor Tom Stoltman van Skotland (53,5 teenoor 53 punte) besorg het.  Stoltman, ’n drie-maal kampioen (2021, 2022, 2024), was ’n gedugte teenstander, terwyl Evan Singleton van die VSA derde geëindig het met sterk vertonings in die Vaatjie-aflos.  Ander noemenswaardige mededingers sluit in Mitchell Hooper (Kanada, 2023-kampioen), Oleksii Novikov (Oekraïne, 2020-kampioen) en Brian Shaw (VSA), in sy laaste WSM deelname.

Nel se oorwinning, voor meer as 20 000 toeskouers, was ’n reuse triomf vir in dié sport in Suid-Afika.  Nel se emosionele toespraak, waarin hy sy gesin en afrigter bedank het, het wêreldwyd weerklank gevind. Sy prestasie inspireer nou meer Afrikaners om die sterkmansport te beoefen. Hierdie held, wat bewys het dat krag en deursettingsvermoë geen grense ken nie.