Louis Liebenberg, die sogenaamde diamantkoning met ‘n R4-miljard Ponzi-skema, het op 6 Augustus 2025 in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn met sy sy nuutste tranetrekker.
Hy beweer hy’s in C-Max-gevangenis verkrag en kry nie medikasie vir sy jig nie, asof sy sogenaamde lyding sy skuld kan uitwis. Selfverteenwoordigend in sy borgtog-aansoek, kerm hy oor strawwe aanhoudingsvoorwaardes, maar die hof, moeg vir sy manewales, stel die saak só met ’n duidelike “geen vertragings meer” waarskuwing.
Saam met sy vrou en agt ander word Liebenberg aangekla van bedrog, diefstal en geldwassery, nadat hy beleggers met blink diamantbeloftes gelok het, net om glo R150-miljoen in ‘n dubbelhuis te verloor.

Die Batebeslagleggingseenheid het op ’n R2,2-miljoen huis beslag gelê, en die Valke bou ’n waterdigte saak. Liebenberg, ’n Zuma-ondersteuner met MK-party-drome, speel nou die slagofferkaart en blameer selfs minister Pieter Groenewald vir sy tronkellende. Sy maatskappy, Tariomix, is reeds in likwidasie, en sy vrou se borg is geweier.
Met die hoofsaak, bly Liebenberg se drama die perfekte mengsel van misdaad, politiek en krokodiltrane. Suid-Afrikaners kyk met opgehoue asems hoe hierdie selfbenoemde “slagoffer” homself probeer red.