Atletiek – Twee Oseane-marathon in die knyp ná permit-oortreding

by | Apr 22, 2025 | Nuus | 0 comments

Die gewilde Twee Oseane-marathon se toekoms is onseker nadat die Stad Kaapstad sy borgskap onttrek het weens oortredings van die wedloop se permitvoorwaardes. Meer as 20-duisend drawwers het aan die halfmarathon deelgeneem, ten spyte van die toegelate limiet van 17-duisend, wat logistieke en veiligheidsrisiko’s meegebring het en die metro se reëls geskend het. Organiseerders sê permit- en borgskapaansoeke word jaarliks hernu, maar geen gesprekke oor 2026 het nog plaasgevind nie, en daar is ook nog nie ‘n vergadering oor volgende jaar se wedloop vasgestel nie. Daarbenewens het deelnemers gekla oor swak organisering, te min waterpunte en geen medaljes nie. Ten spyte daarvan het die wedloop weer Gold Label-status van die internasionale ultramarathonvereniging ontvang.